Westergloed Westergloed Westergloed
Navigation
  • Tuisblad
  • Wie is ons ?
  • Hoe werk dit hier?
    • Nuwe Lidmate
    • Doopgeleenthede
    • Opdatering van lidmaatinligting
    • Huwelike
    • Begrafnisse
    • Gedenkmuur
  • Erediens en Kategese Inligting
  • Finansiële Bydraes
  • Kontak ons

Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. 2 KORINTIËRS 9:6 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. Efésiërs 2:8-9 Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here. Romeine 6:23 Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. Johannes 10:10

Personeel

Eliska Muller

Predikant

Marius Swart

Predikant

Flip Kleynhans

Uitvoerende Beampte

Leonora Stoltz

Koster

Miranda van Heerden

Musiekleier

Nelia Schutte

Finansiële Beampte

Babsie Twala

Reginal Mgwambe

Ons het ongeveer 1 000 belydende en dooplidmate. Die gemeente se tradisionele woongbied is West Acres met die omliggende nuwe uitbreidings maar daar is verskeie lidmate wat van elders in Nelspruit kom.
Vir Westergloed is dit baie belangrik om ‘n warm, gesellige en ontspanne atmosfeer te skep waarin almal tuis kan voel

Geskiedenis

Die NG Kerk Nelspruit-Westergloed het op 20 April 1974 afgestig van die NG Kerk Nelspruit (Moedergemeente) met die oog op die bediening van die groter wordende aantal lidmate wat in West Acres en die omliggende plase en plotte woonagtig was en ‘n eie gemeente regverdig het. ‘n Besluit moes geneem word oor ‘n toepaslike naam vir die nuwe gemeente en is verskeie voorstelle oorweeg. Die uiteindelike besluit was dat die gemeente as Nelspruit-Westergloed bekend sal staan wat ontleen is van die ligging van die gemeente in die weste van Nelspruit. Die konsulent van die gemeente was oppad Nelspruit toe uit die rigting van Komatipoort vir ‘n kerkraadsvergadering en het teen die ondergaande son in die weste die pragtige gloed waargeneem en toe op die vergadering voorgestel dat die gemeente Westergloed genoem moet word. Die eerste erediens het op 5 Mei 1974 plaasgevind. Aanvanklik is die eredienste in afwagting van ‘n eie kerkgebou in die skoolsaal van die aanliggende Lowveld High School gehou. Proponent Pieter van Jaarsveld is op 14 Februarie 1975 bevestig as eerste leraar van die nuwe gemeente en ook in sy eerste gemeente. Die eerste sooi van die nuwe kerkgebou is op 16 Janaurie 1977 gespit en is die hoeksteen op 22 Mei 1977 gelê. Die nuwe kerkgebou is op 4 Februarie 1978 feestelik in gebruik geneem.

Westergloed is ‘n geloofsgemeenskap binne die NG Kerkfamilie en is in die Ring van Barberton saam met die gemeentes Nelspruit, Alkmaar, Nelspruit-Suid, Barberton, Witrivier, Hazyview, Malelane, Komatipoort, Krugerwildtuin en Goedgegun-Swaziland.

  • Bedieninge
  • Belydenisaflegging
  • Dokumente
  • Almanak
  • Fotos
  • Facebook
Wester Gloed 2019 - Website Design and Hosting by Infinity Focus