



LEES EN/OF LAAI DIE WGG POPIA BELEID AF
Die beleid en vorms is in PDF formaat.
Missie
NG Gemeente Nelspruit-Westergloed is daartoe verbind om onder leiding van die Drie-enige God, die Bybel en ons Gereformeerde Belydenis, mense te begelei tot:
‘
- ‘n Lewende verhouding met Jesus Christus
- Egte aanbidding
- Liefdevolle onderlinge sorg
- Dinamiese woord- en daadgetuienis
Visie
By Westergloed is “Christus alles en in almal” (Kol 3:10)

Waarvoor staan Westergloed se Logo?
Die kruisevangelie staan altyd sentraal in Westergloed. Die kruis vorm die fokuspunt, die middelpunt, die genade waaronder ons leef en ook die herinnering dat Jesus vir ons aan die kruis gesterf het.
Kennisgewing
Goeie Kommunikasie
Kommunikasie tussen gemeentelede, die kerkkantoor, die predikante en die kerkraad is vir ‘n gemeente net so belangrik soos wat asem vir die mens is.
Gebruik asb die webblad vir enige aangeleentheid wat u wil bespreek of onder ons aandag wil bring.
Dit is so maklik. Kliek net hieronder en sê jou sê