Westergloed Westergloed Westergloed
Navigation
  • Tuisblad
  • Wie is ons ?
  • Hoe werk dit hier ?
    • Nuwe Lidmate
    • Doopgeleenthede
    • Opdatering van lidmaatinligting
    • Huwelike
    • Begrafnisse
    • Gedenkmuur
  • Erediens en Kategese Inligting
  • Finansiële Bydraes
  • Algemene Kontak en Bankbesonderhede
  • Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. 2 KORINTIËRS 9:6
  • Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. Efésiërs 2:8-9
  • Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here. Romeine 6:23
  • Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. Johannes 10:10

Wie is ons

Missie

NG Gemeente Nelspruit-Westergloed is daartoe verbind om onder leidning van die Drie-enige God, die Bybel en ons Gereformeerde Belydenis, mense te begelei tot:
‘

  • ‘n Lewende verhouding met Jesus Christus
  • Egte aanbidding
  • Liefdevolle onderlinge sorg
  • Dinamiese woord- en daadgetuienis

Visie

By Westergloed is “Christus alles en in almal” (Kol 3:10)

Kernwaardes

Dankbaar

Ek is lief vir God en sy Woord en bid tot hom

Diens

Ek leef ruimhartig – ek stel my tyd, gawes , geld en besittings beskikbaar vir God en my medemens

Deernis

Ek wys belangstelling in mense se lief en leed
Ek vertroos en bemoedig mense in krisistye
Ek het’n sagte plek vir God se skepping
Ek is nie veroordelend teenoor ander nie.

Respek

Ek onderwerp my aan die gesag van God en sy Woord
Ek is beleefd en vriendelik teenoor my medemens
Ek het ‘n oor vir my medemens – ek luister na hom

Gemeente Oorsig

Die NG Kerk Nelspruit-Westergloed het op 20 April 1974 afgestig van die NG Kerk Nelspruit (Moedergemeente) met die oog op die bediening van die groter wordende aantal lidmate wat in West Acres en die omliggende plase en plotte woonagtig was en ‘n eie gemeente regverdig het. ‘n Besluit moes geneem word oor ‘n toepaslike naam vir die nuwe gemeente en is verskeie voorstelle oorweeg. Die uiteindelike besluit was dat die gemeente as Nelspruit-Westergloed bekend sal staan wat ontleen is van die ligging van die gemeente in die weste van Nelspruit.Die konsulent van die gemeente was oppad Nelspruit toe uit die rigting van Komatipoort vir ‘n kerkraadsvergadering en het teen die ondergaande son in die weste die pragtige gloed waaargeneem en toe op die vergadering voorgestel dat die gemeente Westergloed genoem moet word.Die eerste erediens het op 5 Mei 1974 plaasgevind . Aanvanklik is die eredienste in afwagting van ‘n eie kerkgebou in die skoolsaal van die aanliggende Lowveld High School gehou. Propenent Pieter van Jaarsveld is op 14 Februarie 1975 bevestig as eerste leraar van die nuwe gemeente en ook in sy eerste gemeente. Die eerste sooi van van die nuwe kerkgebou is op 16 Janaurie 1977 gespit en is die hoeksteen op 22 Mei 1977 gelê. Die nuwe kerkgebou is op 4 Februarie 1978 feestelik in gebruik geneem.

Westergloed is ‘n geloofsgemeenskap binne die NG Kerkfamile en is in die Ring van Barberton saaam met die gemeentes Nelspruit, Alkmaar, Nelspruit-Suid, Barberton,Witrivier, Hazyview, Malelane,,Komatipoort Krugerwildtuin en Goedgegun-Swaziland .

Personeel

Ons het ongeveer 1 000 belydende en dooplidmate. Die gemeente se tradisionele woongbied is West Acres met die omliggende nuwe uitbreidings maar daar is verskeie lidmate wat van elders in Nelspruit kom.
Vir Westergloed is dit baie belangrik om ‘n warm, gesellige en ontspanne atmosfeer te skep waarin almal tuis kan voel

  • Bedieninge
  • Belydenisaflegging
  • Dokumente
  • Luister (preke)
  • Almanak
  • Foto’s
  • Facebook
Wester Gloed 2019 - Website Design and Hosting by Infinity Focus