-
Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. 2 KORINTIËRS 9:6
-
Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. Efésiërs 2:8-9
-
Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here. Romeine 6:23
-
Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. Johannes 10:10
Die gemente se werksaamhede kan nie voortgaan sonder finansiële bydraes van lidmate en fondsinsamelings nie
Die gemeentes het vier hoofbronne van inkomste:
-
Maandelikse bydraes
As gevolg van sekuriteitsoorwegings, en ook om bankkoste te spaar, word verkies ons dat maandelikse bydraes elektronies (per EFT) of per tjek gedoen word. Bydraes per debietorder verseker dat die gemeente ‘n konstante inkomstestroom het sodat verpligtinge nagekom kan word. Indien u hiervan gebruik wil maak, voltooi asseblief die debietorder vorm en besorg dit aan die kerkkanntoor. Lidmate wat steeds verkies om hul maandelikse bydraes per koevert te gee kan dit maandeliks tydens die opneem van kollekte op Sondae in die kollekte sakkie plaas. Kontant kan ook by die Kerkkantoor inbetaal word.
-
Tiendemaand bydreas
Ons tiendemaand strek van 1 Oktober tot einde Februarie en kan ook per EFT of tjek oorbetaal word of kan andersins in ‘n koevert geplaas word en in die kollekte bord geplaas word. Die debietorder stelsel maak ook voorsiening vir ‘n tiendemaand wat eenmaal per jaar van u gehef word op die datum soos deur u verkies.
-
Erediens dankoffers
By eredienste word bank- en deurkollektes opgeneem. Die opbrengs van deurkollektes word maandelikse aan ‘n verdienstelike instansie geskenk soos vermeld in die Westergloedjie.
-
Fondsinsameling
Ons hou die volgende fondsinsamelings gedurende die jaar:
- Basaar einde Februarie
- Wegneemetes op ‘n gereelde basis.
Hierdie fondsinsamelings is nie net heelike kuiergeleenthede nie, maar gee ook kanse vir nuwe lidmate en ander vrywilligers om hul dienste aan te bied . Indien jy wil help kontak asseblief die kerkantoor.
Ander Projekte
Benewens die gewone maandelikse dankoffers kan u ook bydraes gee vir:
- Geloofsoffer: Ter ondersteuning van plaaslike en buitelandse sendingsaksies
- Hulpfonds: Te bate van van finansiële en ander hulp aan ander hulp aan ander persone wat in nood verkeer
- Bybelverspreiding: Bybelverspreiding in die omgewing
- Deurkollektes: Vir verdienstelike instansies soos van tyd tot tyd bepaal en afgekondig word.
Indien jy enige finansiële bydare tot die gemeente wil maak kan jy gerus ‘n elekroniese oorplasing (EFT) doen. Verwysings vir Internetbetalings: Jou naam en van waarvoor (aanwending) dit is. Stuur bewys van inbetalings stuur aanadmin@westergloed.co.za of faks dit na 013 741 3155.
- Debietorder
As jy ‘n debietorder wil aanvra ka jy dit hier aflaai. Jy kan dit dan druk, invul, onderteken en aan die kerkkanttoor per e-pos stuur, faks , of inhandig by die Kerkkantoor of in die kollektesakkie gooi
Bankbesondehede
- ABSA Nelspruit
- Takkode:632 005
- Rek Naam: NG Westergloed
- Rek No: 107 058 0086
- Tipe Rek: Lopend (Tjek)
Indien u die “Zapper APP” reeds op u foon afelaai het kan u net ons QR kode skandeer en so ‘n inbetaling in ons rekening maak.
Daar is by beide voor-deure ‘n bordjie met ons QR kode en die QR kode op die webblad (regs) kan ook gebruik word indien voel om u dank-offer so by te dra.
‘n Kaartfasiliteit is ook in die kerkantoor Beskikbaar. ‘n Debietorder kan ook in die Kantoor geteken word.
