-
Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. 2 KORINTIËRS 9:6
-
Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. Efésiërs 2:8-9
-
Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here. Romeine 6:23
-
Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. Johannes 10:10
Begrafnisse is traumaties en daarom wil die gemeente die families wat deur hierdie moeilike tyd gaan ondersteun. Indien u ‘n leraar benodig vir ondersteuning en om die begrafnisdiens waar te neem kontak asb die leraar van u eie keuse, om ‘n dag/tyd vir die begrafnis te bepaal. Die leraar of begrafnisondernemer sal die kerkkantoor kontak wie dan verdere reëlings sal tref met die orrelis, koster, begrafnisdiensgroep en klankman.
Vir gemeentelede voorsien die begafnisdiensgroep gratis ligte verversing (toebroodjies, tee/ koffie/ sap). Familie/ vriende is is welkom om self uit eie fondse addisionele verversings te verskaf wat betyds na die kombuis gebring moet word vir die dames om dit uit te pak. Van nie-lidmate word ‘n donasie van R10 per kop verwag om die kostes te dek
Indien u ‘n skyfievertoning (powerpoint, ens) wil vertoon as deel van die diens moet die naasbestaandes self die skyfievertoning voorberei,seker maak dit 100% werk en die geheuestokkie dan nie later as 10:00 die dag voor die begrafnis by die Kerkkantoor besorg. Die klank- en data-operateur sal die skyfievertoning in die teenwoordigheid van betrokkene speel en toets en indien daar ‘n problem is moet die opsteller dit gaan regstel en voor die volgende oggend 08:00 terugbesorg aan die klank- en data-operateur.
TARIEWE: 2019 (Word jaarliks hersien)
- Predikant: R650
- Orrelis: R410
- Koster: R410
- Klank- en Data-operateur : R410
- Sekuriteitwag: R450 (prys kan wissel)